30/10/2024
Neem kennis van 'n hartseer, maar belangrike aankondiging.
Trek & Stoor is verkoop. Vanaf 1 November 2024 sal die vervoergedeelte gesluit wees. Die stoorgedeelte gaan voort onder nuwe eienaars - Storenett.
Hierdie besluit is nie ligtelik geneem nie, maar ons glo dat die regte tyd daarvoor aangebreek het.
Ons is dankbaar dat ons die afgelope 30 jaar die genade ontvang het om sake te doen.
Aan ieder en elk wat ons pad gedurende die jare gekruis, het: Baie baie dankie vir u ondersteuning en vriendelikheid. Dit was 'n voorreg om u tot diens te wees.