Container to Home Conversions

Container to Home Conversions Contact information, map and directions, contact form, opening hours, services, ratings, photos, videos and announcements from Container to Home Conversions, 104 Annandale Road, Midrand.

29/06/2023

SAPD: MOET VIR GEEN REDE ONBEWAPEN UIT JOU HUIS UIT GELOK WORD NIE - VERSPREI ASB.

Stede / dorpe / plase / plotte – dieselfde beginsels geld oral:

■ Moenie uitgaan na jou “krag-box” om te kyk wat aangaan as jou krag afgaan nie – kry eers hulp van buite af in !!
■ Moenie uitgaan om te kyk hoekom loop daar water uit jou krane of in jou tuin nie – die krane kan nie vanself oopgaan nie – kry eers hulp van buite af in !!
■ Moenie uitgaan as iemand om “hulp roep” of “gewond” by jou huis aankom nie – bel die nodige nood-eenhede soos polisie, ambulans, Sekuriteits reaksie eenheid, Buurtwag ens !!
■ Moet ook nie goedsmoeds vir die “polisie” oopmaak nie .. kontak jou naaste polisiestasie en bevestig eers alle details !!
■ Moenie uitstorm as jou voertuig(e) se alarm afgaan nie – daar moet ‘n (moontlik gevaarlike) rede wees daarvoor !!
■ Moenie uitstorm om te kyk hoekom jou honde dringend en aanhoudend blaf nie – daar moet ‘n (gevaarlike) rede wees daarvoor !!
■ Moenie gaan kyk hoekom “huil daar ‘n baba” by jou kamervenster of by jou hek nie – die “Suster Theresa-gevoel” kan jou lewe kos !!
■ Moenie uitgaan as klein hondjies op jou stoep of by jou voordeur neergesit word nie. Bel dan eerder jou Sekuriteits reaksie eenheid, Buurtwag of DBV om uit te kom asb. Lyk my dis die nuwe Modus Operandi deesdae. Kriminele sit klein hondjies saans naby jou huis se deure en wag vir jou om uit te kom. MOENIE daarvoor val nie!
■ Moenie reageer op “hulproep” van jou werkers in die nag nie - maak ‘n alternatiewe reeling met hulle - in mediese noodgeval byvoorbeeld, kan hulle jou bel en jy kan ambulans reel !!
■ Moenie vir “verkoops foefies” of “herstelwerk foefies” of “opname truuks” of “werk soek truuks ”val nie – as hulle nie met jou ‘n afspraak kan maak nie, dan mag hulle jou nie te siene kry nie !!
■ Moet GEEN vreemdes by of naby jou huis toelaat nie (dag of nag) .. hanteer dit altyd as ‘n moontlike roof / plaasaanval as daar vreemdes per voertuig of voet aankom - roep onmiddelik hulp van buite af in voordat hulle naby jou kom !!
■ Reel al hierdie nood-drils ook met jou bure rondom jou – praat met mekaar, al is dit 3-uur in die nag en help mekaar so beskerm teen al hierdie slinkse truuks !!
■ Kry AL die nooddienste, SAPS, Buurtwagte, Sekuriteits reaksie eenheid, ens. se noodnommers op julle selfone en roep ALTYD EERS hulp van BUITE af in om jou eiendom te beveilig VOOR jy self uitstorm !!
■ Ons is geregtig op privaatheid en ‘n “veilige spasie” om ons – moenie dat daardie regte binnegedring word nie – handhaaf dit baie streng !!
■ Vertrou ALTYD jou “6e sintuig”, die “stemmetjie” wat jou waarsku of “daardie gevoel” – dis gewoonlik reg !!

SAPD

29/06/2023

Versprei die woord

Groot deurbraak oor regering se rasbeleid

Daar is die afgelope tyd baie gepraat oor die regering se drakoniese raswet en rasseregulasies. Ingevolge dié regulasies moet maatskappye aan streng rassekwotas voldoen, en die enigste maatstaf wat daarvoor gebruik word, is rasseverteenwoordiging.

Terselfdertyd was Solidariteit in ’n bemiddelingsproses onder toesig van die Verenigde Nasies se Internasionale Arbeidsorganisasie (IAO).

Dit volg ná ’n klag van Solidariteit by die IAO oor die regering se rigiede rasbenadering. Solidariteit het aangevoer dat dit ’n oortreding van Konvensie 111 van die IAO is, wat bepaal dat rasprosesse toelaatbaar is, maar buigsaam moet wees.

Die uitkoms van die proses het ingrypende gevolge vir enige rasprogram in Suid-Afrika.

Die belangrikste bepalings van die ooreenkoms is soos volg:

Daar mag geen diensbeëindiging van enige aard as gevolg van rasprogramme wees nie.
Rasprogramme moet tydelik wees en spesifiek op regstelling gefokus wees.
Rasprogramme moet buigsaam wees, en ras is slegs een van vele faktore wat in ag geneem kan word met die voorbereiding, implementering en voldoening.
Daar mag geen absolute plafonne vir indiensneming of bevordering vir enige groep wees nie.
Die volgende moet in ag geneem word met die voorbereiding, toepassing en voldoening:
die inherente vereistes van ’n pos;
die poel van toepaslik gekwalifiseerde persone;
kwalifikasies, vaardighede en ondervinding;
natuurlike personeelomset; en
werwings- en bevorderingstendense in die werkplek.
Geregverdigde gronde vir nie-voldoening kan die volgende insluit:
werwings- en bevorderingsgeleenthede;
onvoldoende persone uit die aangewese groep met die regte opleiding, vaardighede en ondervinding;
nige KVBA-toekenning, hofbevel, oordrag van besigheid, samesmelting en oornames wat ’n rol kan speel; en
ie sakeonderneming se ekonomiese omstandighede.
Die uitkoms is in die vorm van ’n ooreenkoms wat tussen Solidariteit en die regering vasgemaak is. Die ooreenkoms gaan nou as regulasies in die Staatskoerant gepubliseer word en ’n bevel van die hof gemaak word.

Dit is die einde van ras as enigste maatstaf.

Alhoewel dit die geskil oor die rigiede toepassing van ras by die IAO ontknoop, is dit nie die einde van alle rasprogramme in Suid-Afrika nie. Die stryd duur voor.

My oproep aan elkeen van julle is om hierdie ooreenkoms onder die aandag van julle maatskappye te bring en sorg te dra dat hulle dit toepas.

Om julle in staat te stel om te help om rigiede rasbeleide die nek in te slaan, is hierby ook ’n skakel ingesluit wat julle na die oooreenkoms self sal neem.

Hierdie oorwinning is ’n strategiese stryd wat gewen is, maar die oorlog teen die regering se rasse-ideologie duur voort.

Groete

Dirk Hermann
Bestuurshoof: Solidariteit

This Page has potential with almost 2k participants. Anybody interested in taking over, contact me via PM on the Page.
04/01/2021

This Page has potential with almost 2k participants. Anybody interested in taking over, contact me via PM on the Page.

09/05/2020

We need vibrant out of the box thinking people.

10/07/2019
08/11/2018

Now new in development, your own Renewable Power Plant. Start saving immediately !!

20/05/2018

New Unit designs coming. Affordable living.

22/01/2018
03/01/2018

A work in progress. PDF to be posted.

Address

104 Annandale Road
Midrand

Telephone

+27822079252

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Container to Home Conversions posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to Container to Home Conversions:

Share