01/09/2022
Dankbaarheid is eintlik so maklik om te verstaan.
God is nooit ingewikkeld nie. Dis ons wat goed net ingewikkeld maak.
Dankbaarheid is om dankie te sê vir elke bietjie wat jy ontvang oppad na dit wat jy nodig het.
Vir elke bietjie sê ons dankie, dis nie genoeg nie, maar ons is dankbaar want dit was nie daar gister nie.
Met elke dankie vir elke bietjie, sê ons later dankie vir 'n groot klomp goed.
Partykeer wonder ekke of God ons toets om te sien hoe dankbaar ons is vir die klein bietjies.
Dis dan wat Hy die klein bietjies meer maak...En jy later arms vol het om voor dankbaar te wees.
kopiereg: Sit aan die Ketel
Www.sitaandieketel.co.za