12/12/2016
Sjoe, al wat ek kan sê is DANKIE, DANKIE, DANKIE! Nooit het ek gedink dat ons hierdie projek in die tyd gedoen gaan kry nie, maar met julle almal se kosbare harte van gee kon ons vir hierdie 130 kinders elkeen 'n kerskous met 'n heerlike verassingtjie binne in gee. Hulle het dit vreeslik waardeer en die partytjie baie geniet. Uit my hart vreeslik dankie en alle eer aan ons Pappa in die hemel wat vir elkeen van hierdie kinders sal sorg en nooit teleurstel nie. As 'n ekstra bonus het daar so paar goedjies oorgebly en kan ons ook nou vir nog so paar gesinne se kinders elkeen ietsie opmaak. Geseënde Christusfees vir elkeen van julle ###x (Vergewe my asb. as ek dalk nie jou naam hier getag het nie, maar aan die einde het dit bietjie rof geraak om al die name te onthou - veral die Skilpadland-ouers wat my so wonderlik ondersteun!)